Song-dinastie


Song-dinastie
Flag
960 – 1279
Ligging of Song
Ligging of Song
Die Noordelike Song-dinastie in 1111.
Hoofstad Bianjing (汴京) (960–1127)
Lin'an (臨安) (1127–1276)
Taal/Tale Middel-Chinees
Godsdiens Boeddhisme
Taoïsme
Chinese volksreligie
Regering Monargie
Keiser
 - 960–976 Taizoe
 - 1126–1127 Qinzong
 - 1127–1162 Gaozong
Historiese tydperk Antieke tydperk
 - Stigting deur Taizoe 960
 - Slag van Jamen beëindig Song-heerskappy 1279
Oppervlakte
 - 962 1 050 000 km2
405 407 sq mi
 - 1111 2 800 000 km2
1 081 086 sq mi
 - 1142 2 000 000 km2
772 204 sq mi
Bevolking
 - 1120 skatting 118 800 000 
Geldeenheid Jiaozi, huizi, Chinese munte en banknote, kopermunte

Die Song-dinastie (Chinees: 宋朝, Sòng Cháo; ou Afrikaanse spelling: Soeng) was ’n era in die Chinese geskiedenis wat in 960 begin en tot 1279 geduur het. Dit het gevolg op die tydperk bekend as Vyf Dinastieë en Tien Koninkryke en is gevolg deur die Mongoolse Yuan-dinastie. Dit was die eerste regering in die wêreld wat landwyd banknote, of ware papiergeld, uitgereik het en die eerste regering wat ’n permanente vloot op die been gebring het. Buskruit is vir die heel eerste keer sover bekend in dié ryk gebruik, asook die vasstelling van ware noord met ’n kompas.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search